Ben se Webwerf - Akteur

‘n Bietjie persoonlike geskiedenis

Ek is op 25 Maart 1957 gebore in die klein Vrystaatse dorpie, Bothaville. My pa was pastoor in die plaaslike AGS gemeente. My ma, ‘n Bloemfonteinse nooi het na 36 uur se kraampyne, aan my geboorte geskenk.

Ons het Kaapstad toe getrek nadat ek twee jaar oud geword het want my pa is beroep as pastoor van die Maitlandse gemeente. Op vierjarige ouderdom is ons Johannesburg toe waar ek my skoolopleiding voltooi het.

Ek was by Crosby Laerskool en by Hoër Seunskool Helpmekaar.

Na skool is ek na die Suid Afrikaanse Vloot toe vir 18 maande en daarna is ek na die Pretoria Universiteit war ek ‘n BA (Drama) graad verwerf het – iets wat jou net kwalifiseer om klas te gee of om ‘n kelner te word.

Na skool is ek na die Suid Afrikaanse Vloot toe vir 18 maande en daarna is ek na die Pretoria Universiteit waar ek ‘n BA (Drama) graad verwerf het – iets wat jou net kwalifiseer om klas te gee of om ‘n kelner te word.

Voor- en afkeure
Motorsport – spesifiek Veldwedrenne
Musiek
Kos
Boeke
Politici